n Aangrypende, fantastiese avontuur buite en onder die water… Stella is nog altyd die eenkantkind in die familie gewees. Sy loop in haar slaap en sy is bang vir die water alhoewel sy geboei is daardeur. Die grootste raaisel vir Stella is haar ma, wat oorlede is toe Stella agt jaar oud was. Wie was haar ma? Hoekom het sy vir Stella ’n hangertjie gegee wat “die belofte van die see” genoem word? Niemand kan vir Stella antwoorde gee nie omdat haar pa te hartseer is en haar ouma se geheue versleg. Dit is net deur die see te trotseer, dat Stella regtig die antwoord op haar grootste vraag kan uitvind: Was haar ma ’n meermin? 'n Aangrypende verhaal oor familie, verlies, vriendskap en ontdekking. Tania Unsworth meng fantasie en realiteit in ’n boeiende, poëtiese wyse wat steeds ’n vinnige pas het vir jong lesers. Hierdie is ’n boek wat enige leser sal meesleur met dieselfde magiese, emotiewe krag van die oseaan.
Les mer
Stella is nog altyd die eenkantkind in die familie gewees. Sy loop in haar slaap en sy is bang vir die water alhoewel sy geboei is daardeur. Die grootste raaisel vir Stella is haar ma, wat oorlede is toe Stella agt jaar oud was. Wie was haar ma?
Les mer
Pragtige, liriese prosa wat fantasie en realiteit meng in ’n poëtiese avontuur Met temas soos verlies, hartseer, rou, vriendskap en ontdekking is hierdie boek ’n moet-lees Tania Unsworth trek die leser in met haar pragtige beskrywings en die intensiteit van die plot – ’n intensiteit wat steeds ’n perfekte pas hou
Les mer

Produktdetaljer

ISBN
9780799391138
Publisert
2019-06-25
Utgiver
Penguin Random House South Africa; LAPA Publishers
Vekt
200 gr
Høyde
212 mm
Bredde
137 mm
Dybde
10 mm
Aldersnivå
J, 02
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Heftet
Antall sider
240

Forfatter

Om bidragsyterne

Tania Unsworth se pa was ’n skrywer, en haar familie het deur Griekeland en Turkye gereis totdat sy sewe was. Omdat haar familie so baie getrek het, was sy nooit regtig seker waar “huis” was nie. Van toe af was sy nog altyd vasgevang tussen die begeerte om te reis en die begeerte om veilig te bly. Haar skrywerk reflekteer dit dikwels. Tanie het die res van haar kinderjare in Engeland spandeer, waar sy baie gelees het en elke jaar vir haar pa ’n storie geskryf het tydens die Kerstyd. Later het sy in ’n boekwinkel gewerk en toe by ’n vrouetydskrif. Haar kinderboeke sluit in: The One Safe Place, The Secret Life of Daisy Fitzjohn and The Girl Who Thought Her Mother Was A Mermaid. Sy bly tans in Boston, VSA, saam met haar man, twee seuns, ’n hond genaamd Plum en twee katte.