Wie is die grootste rebelle van almal?
Katte, natuurlik! Vir te lank is daar te min gesê oor hoe ongelooflik katte is.
Hierdie boek vertel die (ware!) verhale en geheime van vurige en kordate katte. Daar is verhale oor katte wat lewens red, katte wat muise in allerlei geskiedkundige geboue soos kerke en teaters vang, katte wat Hollywood-sterre geword het en selfs ’n brawe klein katjie wat die Nazi's om die bos gelei het.
Tesame met die verhale van merkwaardige katte, is daar ook interessante feite oor mistiese katte en katte aan boord van skepe. Daar is ook meer inligting oor projekte en organisasies wat katte, en hul regte, beskerm. ’n Purr-fekte boek vir katliefhebbers!
Les mer
Vir te lank is daar te min gesê oor hoe ongelooflik katte is. Hierdie boek vertel die (ware!) verhale en geheime van vurige en kordate katte. Daar is verhale oor katte wat lewens red, katte wat Hollywood-sterre geword het en selfs ’n brawe klein katjie wat die Nazi’s om die bos gelei het. ’n Purr-fekte boek vir katliefhebbers!
Les mer
Die titel sluit aan by die gewilde, internasionaal bekende Rebel Girls-reeks. Die reeks het ten doel om verhale van merkwaardige meisies, of dan nou in hierdie geval katte, te vertel.
Die verhale in die boek is gebaseer op ware verhale van katte en kinders hou van ware verhale oor diere.
Verskeie illustreerders het saamgewerk om pragtige illustrasies vir hierdie hardebandboek te maak. Dit is daarom nie net ’n lekkerlees-boek nie, maar ’n versamelboek ook.
Les mer
Produktdetaljer
ISBN
9780799393125
Publisert
2019-05-01
Utgiver
Penguin Random House South Africa; LAPA Publishers
Vekt
500 gr
Høyde
246 mm
Bredde
189 mm
Dybde
15 mm
Aldersnivå
J, 02
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Innbundet
Antall sider
160
Forfatter