Lea wil nie meer skool toe gaan nie want dit is deesdae nie vir haar lekker nie. Daar is ’n kwaai tweeling, Miems en Elsie, wat lelike dinge vir haar sê by die skool en die meisies vat haar kos wanneer dit pouse is. Op ’n dag verloor Miems haar gunstelingpop se haarlint en voel baie hartseer daaroor. Maar Lea maak ’n slim plan om vir Miems te help en sy en die tweeling word vriende! Lea en die boelies bespreek die sensitiewe tema van boeliegedrag, veral by skole, en is gebaseer op die skrywer se baie jare van ondervinding in die onderwys en ook haar ervaring met haar eie kinders.Lea en die boelies is gebaseer op die suksesvolle Ben-reeks deur Zuléka Smit met soortgelyke temas wat by dogtertjies aanklank sal vind. Dit is die tweede boek in die gewilde Lea-reeks. Johann Strauss se bekoorlike illustrasies versier die bladsye en maak hierdie boek ekstra spesiaal en vol lewe vir die jongspan.
Les mer
Lea wil nie meer skool toe gaan nie want dit is deesdae nie vir haar lekker nie. Daar is ’n kwaai tweeling, Miems en Elsie, wat lelike dinge vir haar sê by die skool en die meisies vat haar kos wanneer dit pouse is.
Les mer
Produktdetaljer
ISBN
9781779881069
Publisert
2025-11-01
Utgiver
LAPA Publishers; LUCA
Vekt
300 gr
Høyde
280 mm
Bredde
210 mm
Dybde
4 mm
Aldersnivå
J, 02
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Heftet
Antall sider
32
Forfatter
Illustratør