Hierdie is ’n boeiende versameling van meer as 30 verhale van werklike honde, insluitende filmsterre met pelse, honde wat graag help, wetenskapsupersterre en oorlogshelde. Hierdie heldhaftige honde is die sterre van hulle eie stories. Lees ook oor honde wat rekords breek, honde in die letterkunde, babahonde wat roem op die internet gewerf het en nog meer…
Les mer
Hierdie is ’n boeiende versameling van meer as 30 verhale van werklike honde, insluitende filmsterre met pelse, honde wat graag help, wetenskapsupersterre en oorlogshelde. Hierdie heldhaftige honde is die sterre van hulle eie stories.
Les mer
Die titel sluit aan by die gewilde, internasionaal bekende Rebel Girls-reeks. Die reeks het ten doel om verhale van merkwaardige meisies, of dan nou in hierdie geval honde, te vertel. Die verhale in die boek is gebaseer op ware verhale van honde en kinders hou van ware verhale oor diere. Verskeie illustreerders het saamgewerk om pragtige illustrasies vir hierdie hardebandboek te maak. Dit is daarom nie net ’n lekkerlees-boek nie, maar ’n versamelboek ook.
Les mer

Produktdetaljer

ISBN
9780799394962
Publisert
2019-10-08
Utgiver
Penguin Random House South Africa; LAPA Publishers
Vekt
700 gr
Høyde
246 mm
Bredde
189 mm
Dybde
10 mm
Aldersnivå
J, 02
Språk
Product language
Afrikaans
Format
Product format
Innbundet
Antall sider
160

Om bidragsyterne

Kimberlie Hamilton het eers in sonnige Suid-Kalifornië gewoon, maar bly nou saam met haar verloofde en vier katte in die mistige noorde van Skotland. Sy het oor die jare allerhande dinge geskryf, soos reisbrosjures, draaiboeke, webtuistes en leermiddels vir haar Engels-studente in Japan. Sy is gek oor diere (veral katte!) en om vermaaklike nie-fiksieboeke vir kinders te skryf. Kimberlie het ’n meestersgraad in draaiboekskryf aan die Universiteit van Kalifornië in Los Angeles behaal en is op die oomblik besig met nog ’n meestersgraad in kreatiewe en kulturele kommunikasie aan die Universiteit van Aberdeen. Sy deel haar avonture en foto’s op haar reis- en leefstylblog.